Wel dis nou amper krismis en ons het nou net met die CS app ding begin. Ten minste het ek in die tussentyd 2 programeerders by gekry :)
My lewe is actually nogal hectic op die oomblik... werk is werk en sal seker altyd hectic wees maar dan is daar Alida en ons troudag wat al hoe nader staan. Ek kan amper nie glo ek trou actually met iemand oor 3 maande nie! Dit het my wragtag lank genoeg gevat om haar te kry, 37 jaar om presies te wees.
Alida engel ek is baie lief vir jou !
My toekomstige vrou is die mees fantastiese vrou wat ek nog ooit ontmoet het, en hoe dan anders.
Bliksem, dis al weer 5:30 namiddag en ek sit nog altyd by die werk... Ciao
O ja en voor ek vergeet, Louis Fourie jy is 'n pêl duisend !! Mag God jou ryklik seën en mag jy eendag 'n vrou kry wat die beste bobotie in die wêreld kan maak :)

Hi my skat ek sien nou eers jou blog. Dankie bokkie, ek het jou net so vreeslik lief!!
ReplyDelete